Lekker Weskus Braai Boek 2025
Lekker Weskus Braai Boek 2025
Couldn't load pickup availability
Bestellings sal teen 15 Desember 2025 afgelaai word.
Van die windverwaaide duine van Yzerfontein tot waar die bokkoms hang in Velddrif , Lekker Weskus is ’n liefdesbrief aan die Weskus van Suid-Afrika:
’n plek waar die gety, die vuur en die mense bepaal hoe ons kos maak.
Hierdie boek vier die geure van die kus: gebraaide harders, appelkooskonfyt snoek op die kole, botter-sagte kreefsterte en potjies wat stadig prut terwyl die son agter die duine sak. Maar dit gaan oor meer as net resepte, dis die stories, herinneringe en mense agter elke gereg wat dit besonders maak.
Deur die lens en stem van Dawid Botha, stigter van Lekker Weskus, word die siel van die
Weskus vasgevang, eerlik, rou en deurtrek van soutlug.
Elke bladsy is deurdrenk met die geur van seewind, die geknetter van sekelbosvure en die
eenvoudige plesier van goeie kos wat met liefde gemaak word.
Lekker Weskus is nie net ’n braai boek nie — dis ’n reis deur dorpe, kombuise en stories wat wys hoekom die Weskus so besonders is. Of jy nou om die vuur sit of by die stoof staan, hierdie boek bring daardie bekende gevoel terug: die smaak van die see, die warmte van ’n kolevuur, en die mense wat dit alles so lekker maak.
Share
