Alle resepte

RESEP · LANGS DIE BRAAI

Smash Burgers

deur Dawid Botha · boek bl. 146
Smash burgers met kaas en uie op ’n braaiplaat
  • Porsies 2 burgers
  • Kooktyd sowat 2–3 minute per patty

Twee dun patties met bros rante, kaas, uie en daai Big Mac-sous. Dawid is deesdae verslaaf aan hierdie smash burgers.

Hoeveelhede

Wat jy nodig het

  • Vir die burger
  • Vir die sous

So maak ons

  1. Meng sout en peper deur jou maalvleis en rol in klein balletjies, ongeveer 100 g elk.
  2. Verhit jou Weber Slate of enige gietysterplaat tot baie warm. Plaas ’n vleisballetjie op die plaat, bedek met bakpapier en druk plat met ’n burgerpers. Die kante moet effens bros raak.
  3. Smeer ’n bietjie Jimmy sous oor die patty terwyl dit braai. Wanneer dit omtrent 90% gaar is, draai dit om en plaas ’n sny kaas bo-op om te smelt.
  4. Braai op die koeler kant van die plaat die uie tot goudbruin. Rooster intussen die broodjies liggies.
  5. Meng al die bestanddele vir die Big Mac-sous in ’n klein bakkie.
  6. Smeer die sous op die broodjie, sit die uie onder, laai twee patties met gesmelte kaas bo-op mekaar en sluit af met nog ’n bietjie sous.
JOU STUKKIE WESKUS

Jou mandjie.