
- Porsies 12 tot 15 snoekkoekies
- Kooktyd 3–4 minute per kant
Een groot snoek voer maklik 10 mense, so daar is altyd oorskiet. Dan maak jy snoekkoekies, soos ’n Snoek Benedict met ’n sagte eier bo-op.
Hoeveelhede
Net die hoeveelhede verander. Kooktye bly dieselfde.
Wat jy nodig het
So maak ons
- Verwyder al die grate en vel. Gebruik ’n vurk om die snoek fyn te maak.
- Meng die snoek, aartappel, ui, pietersielie, suurlemoensap, mosterd, eier, ’n bietjie broodkrummels en geurmiddels in ’n groot bak. Meng liggies, jy wil hê dit moet net bind, nie pap word nie.
- Vorm klein koekies (ongeveer 5 cm in deursnee). Rol dit in broodkrummels en sit vir 15 minute in die yskas om te set.
- Verhit olie in ’n pan oor medium hitte. Braai die koekies vir sowat 3–4 minute per kant tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier.
- Bedien met ’n vinnige tartaarsous of brandrissiemayo en ’n skyfie suurlemoen.