Alle resepte

RESEP · UIT DIE SEE

Vinnige Mosselpot

deur Dawid Botha · boek bl. 88
Mossels, garnale en vis saam op die braai
  • Kooktyd sowat 15 minute

’n Vinnige romerige mosselpot met prei, spek en Dijon-mosterd, reg vir ’n weeksaand of ’n spontane braai.

Hoeveelhede

Wat jy nodig het

So maak ons

  1. Verhit die botter in ’n groot pot en soteer die preie en spek tot sag. Voeg die knoffel, pietersielie en mosterd by en blus af met die witwyn.
  2. Roer die room by, geur na smaak en laat prut vir 5 minute voordat jy die mossels insit.
  3. Sit die deksel op en stoom vir 5–8 minute totdat die doppe oop is. Gooi dié weg wat toe bly.
  4. Roer die mossels deur die romerige mosterdsous, strooi vars pietersielie oor en bedien dadelik met suurlemoenwiggies en vars roosterbrood.
JOU STUKKIE WESKUS

Jou mandjie.