Alle resepte

RESEP · UIT DIE SEE

Bertus se Viskop-sop

deur Dawid Botha · boek bl. 113
Viskop-sop en seekos-ingrediënte, saam met Bertus Basson gemaak
  • Kooktyd 30–40 minute prut

Dawid het ’n dag saam met Bertus Basson gekook. Bertus sê só ’n sop is huiskos: jy kap jou bestanddele rof en groot, gooi dit alles in die pot en laat die reuke hul eie storie vertel.

Hoeveelhede

Wat jy nodig het

So maak ons

  1. Verhit ’n groot pot oor medium hitte met ’n skeut olyfolie. Voeg die ui, knoffel, gemmer en rissies by en soteer tot goud en geurig.
  2. Roer die gesnyde vinkel in en kook nog ’n paar minute tot sag.
  3. Gooi die witwyn in om die bodem van die pot te “deglaze”. Skraap enige stukkies wat vasgebrand het vir ekstra geur. Laat die wyn vir 3–4 minute kook sodat die alkohol verdamp.
  4. Voeg nou die viskoppe, aartappels en water by. Bring tot kookpunt, verlaag dan die hitte en laat stadig prut vir 30–40 minute. Die sop moet troebel en vol geur raak.
  5. Proe vir sout en peper. Sit voor met vars gekapte pietersielie.
JOU STUKKIE WESKUS

Jou mandjie.