Alle resepte

RESEP · UIT DIE SEE

Geelstert met Taai Chutney-marinade

deur Dawid Botha · boek bl. 110
Heel geelstert met suurlemoen en avokado op ’n skottel
  • Voorbereiding 30 minute marinering
  • Kooktyd 6–8 minute per kant

Na sy eerste geelstert op Yzerfontein kon Dawid nie wag om hom oor die kole te gooi nie. Wat is lekkerder as ’n sous wat aan jou vingers vasklou?

Hoeveelhede

Wat jy nodig het

So maak ons

  1. Meng die chutney, sojasous, knoffel, heuning, suurlemoensap, sout en peper in ’n klein potjie. Verhit oor lae hitte vir ’n paar minute totdat dit begin borrel en effens dik raak, taai en glansend. Laat afkoel.
  2. Verf die geelstert goed met die marinade en laat dit minstens 30 minute rus sodat die geure intrek.
  3. Smeer olyfolie aan die vel van die vis sodat dit nie vasbrand aan die rooster nie.
  4. Braai oor warm kole vir sowat 6–8 minute per kant, afhangend van die dikte. Jy kan die vis ook in foelie toedraai as jy bang is dit brand vas.
  5. Smeer nog ’n bietjie van die oorblywende sous oor net voor opdiening.
JOU STUKKIE WESKUS

Jou mandjie.