
- Kooktyd 2–3 minute
’n Somer-gunsteling, veral as ’n middaghappie ná ’n swemdag op Elandsbaai: bros inkvisringe met geroosterde knoffel-mayo.
Hoeveelhede
Net die hoeveelhede verander. Kooktye bly dieselfde.
Wat jy nodig het
So maak ons
- Meng die meel, gerookte paprikapoeier en sout in ’n bak. Rol die inkvisringe liggies deur die mengsel sodat dit oral bedek is.
- Verhit die kookolie en braai die inkvis vir 2–3 minute tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en druk ’n bietjie vars suurlemoensap oor.
- Rol die hele bol knoffel in foelie en sit dit tussen die kole of in ’n warm oond vir sowat 15 minute, totdat die huisies sag en soet is. Druk die gaar knoffel uit en meng dit met die mayonnaise en ’n knippie sout.
- Smeer die geroosterde knoffel-mayo op vars broodrolletjies, stapel die bros inkvisringe bo-op, vars blaarslaai en eindig met ’n ekstra druppel suurlemoen.
- Sit voor met Sandveld-skyfies en ’n koue glas witwyn.