Alle resepte

RESEP · UIT DIE SEE

Perlemoen-krokette

deur Dawid Botha · boek bl. 130
Bros perlemoen-krokette in ’n mandjie
  • Porsies 15–25 klein krokette
  • Voorbereiding 2 uur
  • Kooktyd 15 minute

Klein, bros krokette van gekweekte perlemoen en aartappel, goudbruin gebraai en warm bedien met tartaarsous.

Hoeveelhede

Wat jy nodig het

So maak ons

  1. Kook die aartappels in soutwater tot sag, dreineer en laat afkoel in die yskas.
  2. Klop die perlemoen liggies met ’n vleishamer op die mondgedeelte om dit te verslap. Gebruik ’n stomp mes om die perlemoen uit die dop te lig en sny die “rok” rondom die rand af. Sny die perlemoen in repe en dan in klein blokkies.
  3. Plaas die perlemoenblokkies in ’n voedselverwerker saam met die koue aartappels, sprietuie en pietersielie. Geur met sout en peper en meng tot ’n gladde, lig klewerige mengsel.
  4. Rol klein balletjies van sowat 3 cm in deursnee en plaas dit op ’n bakplaat. Laat dit minstens ’n uur in die yskas rus sodat dit stewig word.
  5. Verhit 4–5 cm olie in ’n diep pot. Rol elke balletjie eers in die geklitste eier en dan in die broodkrummels. Herhaal vir ’n ekstra bros buitekant. Braai in sarsies vir 2–4 minute, draai een keer om, tot goudbruin en bros.
  6. Skep uit met ’n gaatjieslepel en laat dreineer op kombuispapier. Sprinkel ’n bietjie seesout oor en bedien warm.
JOU STUKKIE WESKUS

Jou mandjie.