Alle resepte

RESEP · UIT DIE SEE

Perlemoen-ravioli

deur Dawid Botha · boek bl. 128
Tuisgemaakte ravioli en die bestanddele daarvoor
  • Kooktyd 2–3 minute ravioli kook

Ek het al baie geelstert-ravioli gehad, maar hoe sal perlemoen-ravioli smaak? Dawid het ’n blikkie perlemoen by ’n familiebraai gekry en geen verskoning meer gehad nie.

Hoeveelhede

Wat jy nodig het

  • Vir die vulsel
  • Vir die pasta
  • Vir die sous

So maak ons

  1. Pasta: Meng die meel en sout op ’n skoon oppervlak. Maak ’n holte in die middel, voeg die eiers en olyfolie by en klits met ’n vurk. Werk stadig die meel in tot ’n deeg vorm. Knie vir 8–10 minute tot glad en elasties. Bedek en laat rus vir minstens 30 minute.
  2. Vulsel: Soteer die fyngekapte perlemoen en rissie liggies in ’n bietjie botter vir 1–2 minute. Geur met sout, peper en dille. Laat heeltemal afkoel voor jy dit gebruik.
  3. Ravioli: Rol die pastadeeg dun uit. Plaas klein hoopies van die vulsel op een vel, laat genoeg spasie tussenin. Verf die deeg liggies met water, plaas ’n tweede vel deeg bo-oor en druk die rande vas. Maak seker daar is geen lug om die vulsel nie. Sny in vierkante of ronde ravioli.
  4. Bring ’n groot pot gesoute water tot kookpunt. Kook die ravioli vir 2–3 minute totdat hulle bo dryf.
  5. Sous: Smelt die botter in ’n pan oor medium hitte. Voeg die sjalot en knoffel by en soteer tot sag en geurig. Gooi die witwyn in en laat vir 2–3 minute prut totdat dit halfpad weggekook het. Voeg dan die room by en laat dit stadig verdik oor lae hitte. Geur met sout en peper.
  6. Skep die warm ravioli uit, rangskik op borde en drup die sous oor. Gooi vars dille en ’n bietjie vars gemaalde swartpeper bo-oor.
JOU STUKKIE WESKUS

Jou mandjie.