Alle resepte

RESEP · LANGS DIE BRAAI

Brokkolislaai met Spek en Amandels

deur Dawid Botha · boek bl. 167
  • Porsies 4–6 porsies
  • Voorbereiding 30 minute verkoeling

Die soort slaai waarvan almal aan die tafel twee keer skep: die sout van die spek, die soet van die bosbessies en die neutagtige byt van amandels.

Hoeveelhede

Wat jy nodig het

So maak ons

  1. Braai die brokkoli in die oond, ’n airfryer of oor die kole tot effens sag en die blaartjies bros.
  2. Braai die spekstukkies in ’n pan tot bros. Dreineer op kombuispapier en laat effens afkoel.
  3. Plaas die amandels en pampoenpitte in ’n droë pan en rooster oor medium hitte vir 2–3 minute tot goudbruin. Laat afkoel.
  4. Plaas die brokkoli in ’n groot mengbak. Voeg die spek, geroosterde amandels, pampoenpitte en bosbessies by.
  5. Meng die mayonnaise en jogurt saam tot glad. Giet oor die slaai en roer liggies sodat alles bedek is. Verkoel vir minstens 30 minute voor opdiening.
  6. Strooi nog ’n paar amandels en sade oor net voor jy dit voorskep. Voeg ’n paar fyngekapte rooi uie of ’n skeut suurlemoensap by vir ’n vars, skerper draai.
JOU STUKKIE WESKUS

Jou mandjie.