Alle resepte

RESEP · LANGS DIE BRAAI

Weber-pizza

deur Dawid Botha · boek bl. 168
Pizza op die Weber en Dawid wat dit voorberei
  • Porsies 2 tot 4 pizzas
  • Voorbereiding 1 uur rystyd
  • Kooktyd 8–10 minute

Jy het nie altyd ’n pizzaoond nodig om die perfekte pizza te maak nie. Al wat jy regtig nodig het, is jou betroubare Weber-ketelbraai: bros onder, sag binne, net soos in ’n egte pizzaoond.

Hoeveelhede

Wat jy nodig het

So maak ons

  1. Meng die meel, sout, suiker en gis in ’n groot bak. Voeg die water en olyfolie by en meng totdat ’n deeg begin vorm.
  2. Knie vir 8–10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak totdat die deeg glad en elasties is.
  3. Plaas die deeg in ’n bak, bedek met ’n skoon kombuisdoek en laat rys vir ongeveer 1 uur, of totdat dit dubbel in grootte is.
  4. Haal die deeg uit en vou ’n paar keer oor. Verdeel in twee of vier balle (afhangend van jou pizza-grootte) en rol dun uit.
  5. Gebruik ’n pizzasteen, of die plat deksel van ’n Weber “Dutch Oven” pot, om die deeg op te lê. Met jou Weber kan jy die spek, hoender of enige vleis eers lekker braai.
  6. Voeg sampioene, kaas en jou gunsteling-toppings by en bak teen 250 °C vir 8–10 minute, of tot goudbruin en bros.
JOU STUKKIE WESKUS

Jou mandjie.