Alle resepte

RESEP · LANGS DIE BRAAI

Soetpatat-tert

deur Dawid Botha · boek bl. 158
Skyf soetpatat-tert op ’n bord
  • Porsies 6 tot 8 porsies
  • Kooktyd 1 uur

Pampoentert se suster, net ryker, dieper en meer Weskus. Dawid was moeg vir die normale snoek en patats en het gewonder: in plaas van pampoen, sal soetpatat werk?

Hoeveelhede

Wat jy nodig het

So maak ons

  1. Sit jou soetpatats in die oond totdat hulle sag is. Die vel behoort nou baie maklik af te trek. Druk die soetpatats fyn met ’n vurk of masher.
  2. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  3. Roer in ’n groot mengbak die fyngedrukte patats saam met die meel, suiker en sout. Meng die gesmelte botter, room en geklitste eiers in ’n ander bak tot glad en romerig. Gooi dit by die patats en meng goed.
  4. Gooi die mengsel in ’n gesmeerde tertbak of oondpan. Bak vir 1 uur of tot goudbruin bo-op en ferm in die middel.
  5. Laat die tert heeltemal afkoel voordat jy dit sny. Dit stol verder hoe langer dit afkoel. Bedien met snoek en appelkooskonfyt.
JOU STUKKIE WESKUS

Jou mandjie.